DIE HEILIGE GEES HET VIR ONS GESĘ | |
  |
'n Tyd gelede het 'n aantal hooggeplaaste kerkleiers in Europa 'n besoek aan Hong Kong gebring. Die plaaslike pastoor het hulle na nuutgeplante Christenkerke geneem, maar hy het gou agtergekom dat hulle nie beïndruk was nie. Hulle was op soek na 'n ware kerkstigter met 'n ware lewende kerk. Heeltemal teen die verloop van die pastoor se beplanning, loop hulle twee meisies raak wat op 'n kort besoek was vanaf die sendingveld waar hulle gewerk het. Hier is hulle verhaal en hulle getuienis. Die verhaal Nadat hulle tot bekering gekom het, wou hul pastoor hulle leer hoe om in hulle buurt te getuig. Nee, sê hulle, Jesus het gesê gaan die hele wêreld in. Ons wil gaan. Maar julle is te jonk en nog net 'n paar maande bekeer! argumenteer die pastoor. Ons lees nêrens dat Jesus gesê het hoe oud jy moet wees nie. Ons wil gaan. Nadat 'n verdere teologiese eksegese platgeval het, gee die pastoor moed op. Nou ja, ons het 'n paar werkers nodig op Hainan-eiland. Die mense daar is ruwe vissermanne. Dit kan gevaarlik wees vir twee jong meisies en daar is nie Christene nie, het die pastoor gewaarsku. Die meisies was oortuig dat die Here hulle daar wou hê en is dadelik weg daarheen. Na twee jaar was hulle nou terug om Bybels en ander literatuur vir die kerke daar te kry. Die pastoor besluit toe om hulle aan die hoë gaste uit Europa voor te stel. Hy sou as tolk optree om die vrae te beantwoord. Hulle getuienis (Die meisies was verleë, skaam en onseker voor die hoëlui). Hoeveel kerke het julle geplant? het die grootkoppe uit die hoogte gevra. O, nie baie nie; ons was maar twee jaar daar. Maar sê: hoeveel! O, nie baie nie. Die mense daar is moeilik. Hulle het ons gedreig en op ons geskel. Hulle het glad nie van ons gehou nie. Hulle wou ons in die see gooi. Hoeveel kerke is daar? Sê vir ons. O... maar net dertien... Dertien! Wêreld, ek het nie soveel kerke in my leeftyd geplant nie! Die pastoor wat getolk het, sê toe dadelik: Nee meneer, u het verkeerd gehoor: nie dertien nie, maar dertig! Met skok (en skaamte?) kon die besoekers net prewel: Dertig kerke in twee jaar... Hoeveel mense is daar in die kerke? vra die besoekers. O, nie baie nie; daar is maar min. Hoeveel? Sê hoeveel! Net tweehonderd en twintig... Dit is nog maar min... Tweehonderd en twintig in dertig kerke? O nee, dit is net in een kerk en dit is in die kleinste kerk. Tweehonderd en twintig in een kerk? Ek wens daar was soveel in my kerk. Hoeveel is daar in die grootste kerk? O, nie so baie nie... Ek weet: dis nie baie nie, maar sê tog hoeveel! Minder as vyfduisend... ons het nou maar eers begin. Daar is maar vierduisend negehonderd. Agter die pastoor se rug het een van die hoëlui gehuil en gesê: Hemelse Vader, vergewe ons... Hoe het julle dit reggekry? Ons het niks gedoen nie. (Die meisies was verbaas oor hierdie vraag). Julle het niks gedoen nie? Dertig kerke geplant en die kleinste kerk het tweehonderd en twintig mense en julle het niks gedoen nie! Nee, niks; ons het net gebid. Ons weet dit, maar wat het julle toe gedoen? Nadat ons gebid het, het die Heilige Gees vir ons gesê wat om te doen. Daarna het ons wéér gebid, en dan het Hy weer gesê wat ons moes doen. Dan het ons net weer gebid en gedoen wat Hy gesê het... DIE PASTOOR HET SY HANDE OP DIE TWEE MEISIES GELĘ. AGTER HOM HET DIE BESOEKERS GEKNIEL EN GEHUIL EN... NET GEBID. - Church Planting Canada |